Nadal in Cincinnati uitgeskakel

Rafael Nadal se strewe om die voorste posisie op die wêreldranglys te herwin, het skielik tot stilstand gekom toe hy in sy eerste wedstryd in die Cincinnati-ope uitgeskakel is. Borna Coric van Kroasië het sy grootste oorwinning van die seisoen behaal toe hy die Spanjaard verslaan het. Cameron Norrie van Brittanje het herstel van ‘n wankelrige begin om die eerste keer sy veteraan-landgenoot, Andy Murray, te verslaan. Nick Kyrgios van Australië het slegs die derde keer in 19 wedstryde verloor toe die Amerikaner Taylor Fritz hom geklop het.