DA sê opposisie in Tshwane wil nie beurtkrag beëindig nie

Die DA in Tshwane beskuldig opposisiepartye, insluitend sy koalisievennoot ActionSA, van teenstand teen die beëindiging van beurtkrag. Opposisiepartye het Dinsdag geweier om vir ‘n forensiese ondersoek te stem wat nie aangevra is nie. Dis van ‘n maatskappy wat aangebied het om twee kragstasies vir 26-miljard-rand op te knap en te onderhou. Die DA-lid, Cilliers Brink, sê Tshwane wil sy afhanklikheid van Eskom verminder soos in die geval van Kaapstad, Johannesburg en ander munisipaliteite waar die DA-koalisie in beheer is: