Suid-Afrikaners vies oor Nam se grense wat vir sekere groentes gesluit is

AgriSA doen ‘n beroep op die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, en die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Ebrahim Patel, om tussenbeide te tree in die aangeleentheid van Botswana en Namibië. Beide lande het eensydig hulle grense gesluit vir sommige vrugte en groente uit Suid-Afrika, ondanks sekere handelsooreenkomste. Dit sluit in tamaties, wortels, beet, aartappels, kool en waatlemoen. AgriSA se uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, sê die lande voer aan hulle het die grense gesluit om hul plaaslike produksie te beskerm.