Nadal behaal 300ste Grand Slam-oorwinning

Tennis: Die 13-malige Franse Ope-kampioen, Rafael Nadal, het sy 300ste Grand Slam-oorwinning behaal toe hy die Fransman Corentin Moutet met 6-3, 6-1 en 6-4 verslaan en na die derde ronde deurgedring het. Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, het in skoon stelle met die Slowaak Alex Molcan afgereken om sy 83ste oorwinning by dié geleentheid te buit. Carlos Alcaraz van Spanje en Alexander Zverev van Duitsland se wedstryde was meer uitdagend en hulle moes wedstrydpunte afweer en terugbaklei om die derde ronde te haal.