Nabta vra tariefverhoging

Die Namibië Bus- en Taxi-vereniging, Nabta, het ‘n versoek aan relevante owerhede gerig om openbare vervoertariewe te verhoog weens die stygende brandstofkoste. Julius Ngweda, hoofwoordvoerder van die vervoerministerie, het gesê hulle is besig om ‘n besluit oor die vervoertariewe te neem. Hy sê die ministerie sal binnekort ‘n aankondiging maak, maar daar is verskeie faktore wat in ag geneem moet word.