Spanspekvirus wek kommer

Spanspekprodusente in die buurland se noordoostelike produserende gebiede soos Limpopo is bekommerd oor ‘n virus wat vergeling veroorsaak en groei belemmer. FreshPlaza.com berig oor die afgelope drie jaar het gevalle van besmette spanspek erger geword en ‘n aantal produsente het hele oeste verloor. ‘n Spesialis by ‘n saadmaatskappy sê die druk weens hierdie siekte was in die afgelope twee jaar drasties en dit blyk om te versprei. Sekere boere het alle plante vir ‘n lang tydperk vanaf hul plase verwyder om die siklus te verbreek.