Nabta vra ook vir 40%, na NTTU

Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, Nabta, het ook vanoggend aansoek gedoen by die ministerie van werke en vervoer vir ‘n 40 persent verhoging in tariewe. Dit volg na die NTTU van Werner Januarie wat reeds Dinsdag hul aansoek ingedien het. Sou die verhoging toegestaan word sal die basiese fooi van 13 dollar na net bo 18 dollar opgestoot word. Pendapala Nakathingo van Nabta, sê daar is geen ander opsie nie…