Nabta sê die maatreëls knyp

Die Namibiese Bus en Taxivereniging Nabta, sê die jongste maatreëls is baie uitdagend vir sy lede. Openbare vervoer operateurs mag nie sonder die nodige permitte tussen streke beweeg nie en mag ook net 50 persent van die toelaatbare passasiers vervoer. Nabta se waarnemende president Jeffrey Platt sê die verlenging van die maatreëls tot einde Julie plaas by druk op sy lede om genoeg inkomste te verdien. Hy vra lede om daagliks twee voertuie by alle polisiestasies en ander kantore wat permitte uitreik daar te parkeer sodat lede van die publiek wat permitte bekom bygestaan kan word.