Harambee word bo Visie 2030 verkies

Die Namibiese afhanklikheid van Suid-Afrika vir veral lewensmiddele sal volgens berigte gevoel word met die krisisse wat die buurland steeds in die gesig staar. Die voormalige Swapo-LP, Pendukeni Ivula-Ithana, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat visie 2030 geskep is om Namibië te help om sy afhanklikheid van Suid-Afrika te verminder, maar dit lyk of mense om politieke redes besluit het om die visie 2030 te omseil vir die Harambee-welvaartplan.