Jagluiperd kry spesiale tuiste

Die Hoedspruit Sentrum vir Bedreigde Spesies in Limpopo sê elke jagluiperd moet gered word omdat die kwesbare spesie se getalle besig is om toenemend te daal. Dit volg nadat die Trust vir Bedreigde Spesies die sentrum gevra het om ‘n jagluiperd tydelik te huisves totdat dit in die trust se meta-bevolkingsprojek vir jagluiperds opgeneem kan word. ‘n Woordvoerder sê die dier sal binnekort van een reservaat na ‘n ander oorgeplaas word. Daar is na raming net sowat 7 000 jagluiperds in Afrika oor waarvan 1 200 in Suid-Afrika is.