Nabta reik uit na taxi’s – spreek baie uitdagings aan

Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging werk steeds onverpoosd voort om bestuurders van taxi’s en busse in te lig dat die tarief nie verhoog is nie en dat dit onwettig is om meer te vra. Nabta se sekretaris-generaal, Pendapala Nakathingo sê buitelanders wat taxi’s bestuur is ‘n uitdaging en verder, lede van die publiek wat taxi’s beroof vererger die situasie.

Hy het ook die bestuursvernuf van taxi-bestuurders bevraagteken.