Hage blameer Covid vir behuisingskrisis

President Hage Geingob het die blaam vir die behuisingskrisis by Covid se deur gelê. Hy het vanoggend met die Namibiese Raad van Kerke vergader. In sy mening het die pandemie die regering se vermoë om behuising te verskaf, belemmer.

In 2018, twee jaar voor Covid in die land aangekom het, het Namibië reeds ‘n agterstand van meer as 110 000 huise gehad en daar was vier informele huise vir elke baksteen-huis in die land.