Namibië moet ‘n veilige bestemming bly

Toerisme is nie net plaaslik uiters belangrik nie. Die bedryf dra meer as 313 miljoen werksgeleenthede jaarliks regoor die wêreld en dra meer as 10 persent van die globale ekonomiese aktiwiteit. Daarom is misdaad teen toeriste uiters skadelik. Namibia Wildlife Resorts, het op sy beurt ‘n beroep op wetstoepassers gedoen om sterk veiligheidsmaatreëls vir toeriste in te stel. Die woordvoerder van NWR, Nelson Ashipala, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibië moet nie as ‘n onveilige bestemming bekend staan nie.