NABTA maak planne vir oorlewing van bus- en taxibestuurders

Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, bekend as NABTA, het kort- en langtermyn-planne ingestel vir bus- en taxibestuurders om te oorleef ná die stygende brandstofpryse, sê die nasionale sekretaris-generaal, Pendapala Nakathingo. Hy sê iets moet gedoen word om die bus- en taxi-bestuurders, asook die passasiers, by te staan. Nakathingo sê nie een van NABTA se verskeie pogings om met die regering te onderhandel oor ‘n moontlike oplossing rakende die konstante styging in brandstofpryse, was suksesvol nie. Hy sê die lewensbestaan van bus- en taxi-bestuurders en passasiers verbeter nie, trouens, dit word net erger.