Support Ulm skenk mediese toerusting van N$1,8 miljoen

Support Ulm e.V., ‘n nie-winsgewende organisasie gebaseer in Ulm, Duitsland, het onder leiding van professor-dokter Heinz Maier mediese toerusting ter waarde van meer as 1,8 miljoen Namibiese dollar aan gesondheidsministerie geskenk. Die skenking is vandag deur die administratiewe bestuurder van Ohorongo Cement, Rudolf Coetzee, aan die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, oorhandig. Die skenking sluit 59 hospitaalbeddens en matrasse, 20 bedkassies, ‘n operasietafel en verskeie ander items in. Die organisasie is gestig deur ‘n groep mediese dokters wat mediese projekte regoor die wêreld te ondersteun. Coetzee gesels met Kosmos 94.1 Nuus.