Nabta eis steeds verhoging in taxi-tariewe

Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, Nabta, probeer nog steeds dat openbare vervoertariewe verhoog word. Gister het die ministerie van myne en energie aangekondig die brandstofprys in Namibië styg volgende week met 50 sent ‘n liter vir petrol en 70 sent ‘n liter vir diesel. Dit sal bykomende druk op openbare vervoerders plaas. Pendapala Nakathingo, Nabta se sekretaris-generaal, sê met die verhoging van brandstofpryse, is dit noodsaaklik dat openbare vervoertariewe ook verhoog moet word vir operateurs om te oorleef.