Facebook word Meta, toep onveranderd

Facebook het sy naam na Meta verander. Die bestuurshoof, Mark Zuckerberg, sê die nuwe naam beklemtoon sy toekomsvisie vir virtuele realiteit. Die nuwe beherende maatskappy, Meta, sal sy grootste filiaal, Facebook, en toepassings soos Instagram, WhatsApp en die virtuele werklikheidshandelsmerk Oculus insluit. Zuckerberg sê die besluit om Facebook te hernoem is geneem om te weerspieël wie hulle is en wat hulle graag wil bou, met verwysing na die maatskappy se planne om op die metaruimte te fokus. Die metaruimte is ‘n aanlynruimte soortgelyk aan die regte wêreld wat deur rekenaars geskep is en waarop alle digitale platforms kan inskakel.