Toerisme opgewonde oor Nam se verwydering van VSA-rooilys

Amerika het Namibië van sy hoë risiko-lys afgehaal en op die matige risiko-lys geplaas. Volgens die Amerikaanse presidensie, sal die VSA sy grense op 8 November vir mense wat ten volle ingeënt is, oopmaak. Die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en –Voorkoming vereis van reisigers na matige risiko-lande om liewer ten volle ingeënt te wees voor na die lande gereis word. Joseph Kafunda, ‘n plaaslike toerisme-kenner deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.