Naamsa sal moet begin elektriese voertuie vervaardig

Volgens die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers in Suid-Afrika kan inkomste van uitvoere na 40 miljard Namibiese dollar teen 2040 daal as die vereniging nie begin met die vervaardiging van elektriese voertuie nie. Op die oomblik beloop die uitvoere 200 miljard Namibiese dollar. Dr. Norman Lamprecht van die vereniging sê drie uit vier voertuie wat in Suid-Afrika vervaardig word is vir die EU-mark bestem.

Die bedryf in die buurland sal dringend moet aanpas omdat 60 persent van die produksie uitgevoer word.