Na talle veldbrande, is Droogtehulp se fondse uitgeput

Droogtehulp Namibië se fondse is uitgeput. Volgens Henriette le Grange van die organisasie, het hulle nie net die droogtegeteisterde boere bygestaan nie, maar ook talle boere wat verwoestende brande gehad het. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gevra dat lede van die publiek wat hulp kan aanbied, na vore toe moet tree.