Impak van beurtkrag moenie onderskat word nie

‘n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die mate waarin beurtkrag in hierdie stadium in die buurland ingestel is en die toenemende risiko wat dit inhou vir Suid-Afrika se ekonomiese herstel, moet geensins onderskat word nie. Eskom het fase vier-beurtkrag ingestel weens die voortdurende tekort aan opwekkingsvermoë. Parsons sê die voortgesette gebrek aan krag-sekerheid en voorspelbaarheid in Suid-Afrika veroorsaak wydverspreide ontwrigting vir sakeondernemings, en veral vir kleinsakeondernemings: