Whk-swembaddens steeds gesluit

Stad Windhoek se munisipale swembaddens is steeds gesluit. Daar is volgens berigte opknappingswerk aan die fasiliteite gedoen en nog net Katutura se swembad is nie voltooi nie. Maar, volgens die stad se woordvoerder Harold Akwenye, is daar steeds beperkings op die hoeveelheid mense wat mag saamdrom.