N$72 se lugtyd vir LP’s is te min – Nudo

Plaaslike media berig dat lede van die parlement ook elk 72 dollar maandeliks sal ontvang vir lugtyd vir hulle nuwe Samsung- en iPhone-selfone. Volgens Nudo se Joseph Kauandenge, is dit te min. Hy verdedig sy standpunt deur aan te voer dat lugtyd en selfoondienste deel vorm van sy rol as LP en dus, is dit sy reg om dit te ontvang. Die 72 dollar is te min in sy mening om sy pligte te kan verrig.