ANC-ramptoestand lei tot misbruik, soos met Covid – kenner

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê dat die ANC Lekgotla besluit het om die land se energiekrisis tot ‘n nasionale ramptoestand te verklaar. Hy het aan die einde van die party se nasionale uitvoerende komitee Lekgotla in Ekurhuleni gepraat. Volgens Ramaphosa het hy baie ondersteuning gekry om ‘n ramptoestand oor die land se energiekrisis af te kondig, soos daar ooreengekom is dat ’n ramptoestand met die Covid-pandemie verklaar moes word. Maar, professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool is onbeïndruk. Hy sê Covid-19 het Suid-Afrikaners geleer hoe ramptoestande misbruik kan word.