Dis tyd vir belangrike besluite oor Meatco – Calle

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê Meatco is krippel en is in werklikheid ‘n maatskappy wat in intensiewe sorg is. Hy sê die tyd vir moeilike besluite het gekom en dat daardie besluite in die beste belang van die boere moet wees. In sy mening kan daar nie betalings aan dinge gemaak word wat nie landbou-produksie ondersteun en bevorder nie. Hy het ook sy kommer uitgespreek oor stand van sake met abattoirs in die Noorde. Net Katima Mulilo s’n is funksioneel wat boere noodsaak om onder bome beeste te slag en vleis stukkie vir stukkie verkoop. Daardie abattoirs, sê hy, in nie in intensiewe sorg nie, maar ‘n lykshuis.