N$700m in 5 jaar op plase bestee

Die Namibiese regering het 700 miljoen Namibiese dollar sedert 2017 op grondaankope bestee. In daardie jaar is 240 miljoen dollar op plase bestee maar die bedrag het jaarliks gedaal tot ‘n skamele 81 miljoen dollar wat in 2021 bestee is. In 2020 is 140 miljoen dollar bestee waarvan 14 miljoen dollar gegaan het vir twee plase van die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, na ‘n aanbeveling van die adviserende komitee op grondhervorming. Kuugongelwa-Amadhila het 8,9 miljoen dollar se wins gemaak op daardie transaksie. Oor die algemeen sukkel Swapo met grondhervorming wat gepaard gaan met produksie en regeringsplase is oor die algemeen oorbevolk met bestaansboerdery wat oorheers.