SA Express is deur Openbare Ondernemings verwoes – Numsa

Die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging is ontsteld oor die besluit van die Suid-Gautengse Hooggeregshof om SA Express te likwideer. Die staatsbeheerde lugdiens  is sedert sy voorlopige likwidasie in April 2020, buite aksie na mislukte pogings om dit te red. Die likwidasie van SA Express volg kort nadat die plaaslike lugdiens Comair in Junie gesluit het. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle veroordeel die Departement van Openbare Ondernemings vir sy aandeel in die vernietiging van die lugdiens: