Nuwe aborsie-wetgewing in China

China het nuwe riglyne bekend gemaak wat die aantal aborsies beperk wat nie om mediese redes gedoen word nie. Die reëls wat die Staatsraad uitgegee het, bevat streng maatreëls wat daarop gemik is om aborsies volgens die baba se geslag, te verhoed. Die raad sê die nuwe riglyne wil vroue se toegang tot gesondheidsdienste voor swangerskap in die algemeen bevorder. Van Junie af mag alle paartjies drie kinders hê in plaas van twee. Die meeste enkelma’s is bekommerd dat hul loopbaan benadeel kan word wanneer hulle geboorte gee.