N$3,5 miljard belastingontduiking: Huang en kie vir oulaas in die laerhof 

Die kantoor van die aanklaer-generaal het beslis dat Jack Huang en verskeie ander Chinese en plaaslike sakepersone in die hoërhof verhoor sal word op klagte van onder andere, belasting ontduiking ter waarde van 3,5 miljard Namibiese dollar. Die saak sal vandag in die laerhof in die hoofstad voorkom sodat dit amptelik na die hoërhof oorgedra kan word. Die groep is reeds in 2017 in hegtenis geneem op die klagte. Die ondersoek toon dat goedere wat vanuit China ingevoer is tussen 2010 en 2016 onderverklaar is en dus het die ministerie van finansies verliese van 3,5 miljard Namibiese dollar gely het. Huang is ‘n uiters omstrede Chinese sakeman in Namibië. Hy het ook burgerskap bekom en word verbind met ‘n hegte vriendskap met President Hage Geingob.