VSA se 4 Julie-herdenking sal minder vuurwerke hê

Die VSA herdenk vandag sy 245ste jaar van onafhanklikheid. Vir sommige beteken dit om by die strand of swembad te gaan swem, ‘n braai aan te bied en ‘n hamburger te geniet, of dalk, die belangrikste, onder die naghemel te sit en te kyk hoe feestelike vuurwerke knetter en boontoe dreun. Maar, daar is uitdagings met die vuurwerke vanjaar omdat daar ‘n landwye tekort is aan mense wat gekwalifiseer is om vuurwerkvertonings veilig te koördineer en toesig te hou. Verskeie vertonings is of uitgestel of gekanselleer. Nietemin, ons hoop hulle geniet hulle hamburger-braai met Namibiese houtskool.