N$345m vir Rwandese soldate in Mosambiek

Die Europese Unie het verdere bystandsmaatreëls aangekondig ter ondersteuning van die Rwandese-weermag vir sy missie in die gasryke provinsie Cabo Delgado in Mosambiek. Bystand van 20 miljoen euro, of 345 miljoen Namibiese dollar, is onder die Europese Vredesfasiliteit bewillig. Rwanda het 2 500 soldate in die gebied ontplooi. Die aankondiging deur Josep Borrell, die EU se verteenwoordiger vir buitelandse sake en veiligheidsbeleid, kom ‘n dag na die Rwandese President Paul Kagame gesê het dat beloftes gemaak is om hom by te staan, maar niks het daarvan gekom nie.