N$300 000 kontant uit motor gesteel

Die Namibiese polisie het bevestig dat 300 000 Namibiese doller in Walvisbaai gesteel is uit ‘n voertuig. Volgens die owerhede aan die kus, het die eienaar van die voertuig, en die bedrag kontant, dit getrek vir salarisbetalings, maar hy het eers gestop om sy hare te laat sny. Die polisie vermoed ‘n afstandbeheer is gebruik om te verhoed dat die voertuig sluit en die geld is so gesteel. Die ondersoek duur voort en daar is tans geen verdagtes nie.