Dinge het goed verloop aan die kus

Besighede aan die kus is volgens berigte verlig oor die hoeveelheid besoekers wat die naweek daar deurgebring het. Talle besighede het na die verlengde inperking verlede jaar gesluit en werkloosheid is algemeen. Volgens Anton von Wietersheim, ‘n besigheidsman in Swakopmund is dit die eerste keer sedert Covid in Namibië aangekom het, dat die kus so besig was.