Geen bewys van die bestaan van N$60 miljard nie – BoN

Die Bank van Namibië het sy stilte oor die beweerde bedrog van 60 miljard Namibiese dollar gebreek. Die saak, wat deur die polisie ondersoek word is uiters vreemd veral omdat die bedrag so hoog is en Credit Union Namibia blykbaar homself as ‘n bank op sosiale media voorgedoen het en beleggings geadverteer het. Die hoof uitvoerende beampte van die unie, Theron Rupping Louie, wat die klag by die polisie gemaak het, is ook op rekord dat die beriggewing foutief is al het die polisie die bedrag en besonderhede, volgens die klag, bevestig. Die geld is blykbaar in Desember 2022 deur ‘n sindikaat in Indonesië gesteel. Die sentrale bank sê daar is geen bewyse dat die geld ooit bestaan het nie. Woordvoerder Kazembire Zemburuka het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.