N$213m sonder bewyse bestee by 4 plaaslike owerhede – Kandjeke

Die Namibiese ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê vier plaaslike owerhede kan nie verduidelik hoe meer as 213 miljoen Namibiese dollar bestee is nie. Dit is nie eintlik nuus nie omdat plaaslike owerhede regoor die land gereeld gekwalifiseerde ouditverslae, jaar na jaar, ontvang. Tses, Ondangwa, Okahao en Leonardville is deur Kandjeke genoem. Okahao is eerste geplaas met besteding van net meer as 96 miljoen dollar in 2017 en 2018 waarvoor hy geen dokumentasie het nie. Die dorpsraad het ook nie ‘n bate register nie. Ondangwa het besteding van 19,4 miljoen dollar wat hy nie kan verduidelik nie terwyl daar 16,5 miljoen dollar se besteding deur Tses en Leonardville ook nie verduidelik kan word nie.