Khomas-streeksrede: behuising is aangespreek

Die goewerneur van die Khomas-streek Laura McLeod Katjirua is tans besig met haar streeksrede. Behuising is, nes in al die ander streke in die land, ‘n uitdaging in Khomas maar sy sê goeie vordering is in die afgelope jaar gemaak.