Aanpassing van Artikel 25 onnodig, sê BLSA

Business Leadership South Africa sê dit is onnodig om die land tot in sy fondamente te skud deur Artikel 25 van die Grondwet te wysig. Die ad hoc-komitee wat besig is met die wysiging van Artikel 25 het ‘n dooiepunt oor die aard van die wysiging bereik. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Busi Mavuso, sê Artikel 25 laat waarskynlik reeds onteiening sonder vergoeding toe en die oplossings vir grondhervorming lê op ander plekke. Sy het bygevoeg die nalatenskap van eiendomsbesit is sonder twyfel steeds ‘n hindernis in die pad van transformasie, ekonomiese groei en menslike ontwikkeling in die land.