N$20 miljard jaarliks nodig om energie-teiken van 2030 te behaal

Die Internasionale Energie-konferensie vind vandag in die hoofstad plaas. Die byeenkoms lê die klem op energie en industrialisering. Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, sê radikale aanpassings is nodig as die vasteland genoeg energie wil voorsien. Dit sal ook 20 miljard Namibiese dollar jaarliks kos om die 2030 teikens te bereik.