AR sê sy vakbond sal voortgaan, ongeag registrasie

Die Namibiese arbeidsministerie het ‘n verklaring uitgereik waarin hy reageer op sogenaamde aktiviste wat werkgewers oorval en in sommige gevalle dreig. Oor die naweek is ‘n wegneem-ete perseel vir vyf ure gesluit en ‘n groot handelaar is ook geteiken. Die ministerie erken net geregistreerde agente wat volgens die vetgewing so geregistreer is. Die Affirmative Repositioning-beweging se werkersvakbond, die Revolutionary Union, word nog steeds nie erken nie, maar Simon Amunime, die beweging se woordvoerder, sê hulle sal voortgaan met hulle operasies ongeag of hulle nie geregistreer is nie.