J&J hervat vandag in SA

Die Johnson en Johnson Covid-19 entstofverspreidingsveldtog ingevolge die Sisonke-projek, hervat vandag vir Suid-Afrikaanse gesondheidsorgwerkers. Dit volg nádat Suid-Afrikaanse, Amerikaanse en Europese gesondheidsowerhede aanbeveel het dat die verspreiding moet voortgaan en beklemtoon het dat die voordele van beskerming teen ernstige Covid-19 by verre die gevaar van seldsame newe-effekte oortref. Die Voorsitter van die Ministeriële Advieskomitee oor Covid-19 entstowwe, Professor Barry Schoub, het aan media gesê mense in sekere risikogroepe moet van die Johnson en Johnson-entstof uitgesluit word: