N$15m vir mens-dier konflik in 3 jaar

Die Namibiese ministerie van die omgewing het oor die afgelope drie jaar net meer as 15 miljoen Namibiese dollar op mens-dier konflik bestee. Twee miljoen dollar is uitbetaal vir sterfgevalle terwyl 2,4 miljoen dollar bestee is op veeverliese en 2,2 miljoen dollar op skade aan landerye. In die afgelope drie jaar is 673 klagtes ontvang vir veeverliese en 853 vir skade aan landerye. ‘n Totaal van 20 mense is dood as gevolg van die konflik en 39 is beseer. Boere kla dat die skema vir kompensasie nie voldoende is nie en dat betalings te min is. ‘n Beesvrekte word volgens die skema met 3 000 dollar gekompenseer wat die boere meen te min is.