N$1,5 triljoen in eerste 6 maande van 2021 in Brittanje aanlyn gesteel

Brittanje is volgens berigte die internasionale episentrum vir kuberaanvalle volgens vyf van die grootste Britse banke. Swendelaars het groot sukses om persoonlike inligting van verbruikers aan te koop omdat daar rekordgetalle is wat aanlyn inkopies doen en bankdienste aanlyn gebruik. Die land se vinnige betalingsinfrastruktuur, relatief sagte polisiëring van bedrogverwante misdaad, plus die gebruik van die wêreld se mees gebruikte taal Engels, maak dit ook ‘n ideale wêreldwye toetsbed vir swendelary. ‘n Rekord van 754 miljoen pond, of 1,5 triljoen Namibiese dollar is in die eerste ses maande van die jaar gesteel. Dit verteenwoordig ‘n bedrogsyfer per capita wat drie keer meer is as die 2020 syfer vir die VSA.