Cenored sê skuld is op aanvaarbare vlakke

Die sentraal-noorde krag verspreider Cenored sê daar is op die oomblik nie baie groot uitdagings met agterstallige betalings nie. Charlie Matengu, woordvoerder by Cenored, sê kommunikasie-kanale is oop en verskeie planne is uiteengesit vir sommige owerhede. Dit volg na NamPower in April gedreig het om kragtoevoer te staak met meer as 800 miljoen dollar wat uitstaande was in betalings. Matengu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.