Kapers trek soos dominees aan

Die polisie in Tshwane waarsku mense in die vervoerbedryf om op die uitkyk te wees vir ‘n nuwe manier om voertuie te kaap. ‘n Bevelvoerder, Molatelo Maphoto, sê bestuurders van minibustaxi’s moet altyd waaksaam wees, veral wanneer hulle uitgeroep word om mense plaaslik of buite Soshanguve te vervoer. Hy sê in die nuwe skelmstreek is die oortreders in priesterklere aangetrek en gee voor hulle wil die minibus huur om gemeentelede elders te gaan oplaai.