N$11,3 miljoen in mosiehof geëis

Regters Hannelie Prinsloo en Esi Schimming-Chase het vanoggend se mosiehof sessies hanteer met 47 aansoeke vir verstekvonnisse, waarvan sewe op die reël 108 rol was. Kommersiële banke het 15 van die aansoeke gebring. Sewe eiendomme met ‘n skuldlas van 6.8 miljoen dollar is opgeëis. ‘n Totaal van agt lenings met 4.5 miljoen dollar uitstaande is nou betaalbaar. In Maandag se sessie sal regter Collins Parker 54 onverdedigde egskeidings hanteer.