AstraZeneca onttrek Covid-19-entstof wêreldwyd: wat van Namibië?

AstraZeneca het aangekondig dat hy sy Covid-19-entstof wêreldwyd onttrek. Dit is weens ‘n afname in aanvraag, wat toegeskryf word aan die vervaardiging van ‘n oorvloed nuwe entstowwe. Die entstof, genaamd Vaxzevria, is saam met die Universiteit van Oxford ontwikkel en die eerste van meer as drie-miljard dosisse is in Januarie 2021 in Brittanje toegedien. Die maatskappy sê hy het die afgelope jaar geen inkomste daaruit verdien nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die gesondheid-ministerie se woordvoerder, oor wat die situasie in Namibië is.