SA regering steun elektriese voertuie – Namibiese regering nie

Die aantal elektriese voertuie in Suid-Afrika neem geleidelik toe, met minstens agt nuwe modelle wat na verwagting vanjaar bekend gestel sal word. Die verkope van elektriese voertuie het verlede jaar meer as verdubbel. Na ondertekening van die Parys-ooreenkoms verleen die Suid-Afrikaanse regering ook baie steun aan die ontplooiing van elektriese voertuie. In Namibië, egter, soek die regering meer maniere om die paar elektriese voertuie op die paaie te belas. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia, wat sy teleurstelling uitspreek.