N$1 miljard nodig vir spoornetwerk – Mutorwa

Die Namibiese minister van vervoer John Mutorwa sê hy het net meer as 1 miljard Namibiese dollar nodig vir spoorlyn-ontwikkeling, instandhouding en die rehabilitasieprogram in die land. Hy sê die spesifieke doelwitte van hierdie program is die beplanning en bou van nuwe spoorlyne, soos die pas goedgekeurde Lubumbashi-lyn wat deur Zambië sal beweeg, sowel as die instandhouding, opgradering en rehabilitasie van die bestaande verouderde spoornetwerke. Volgens Mutorwa moet die netwerk op SAOG-standaarde wees. Hy voeg by dat ‘n doeltreffende spoorlyn by kan dra aan die land se ekonomiese doelwitte. Die ministerie is 2,58 miljard dollar vir die huidige finansiële jaar toegeken.