‘n Hele aantal mense in die DRK ter dood veroordeel na geweld in die hoofstad Kinshasa

Nege-en-twintig mense is in die Demokratiese Republiek Kongo ter dood veroordeel in verband met geweld wat in die hoofstad Kinshasa uitgebreek het. Nuusagentskappe berig een polisiebeampte is dood en tientalle ander beseer in botsings tussen mededingende Moslemgroepe. Hulle het bymekaargekom om die einde van die vasmaand van Ramadan te vier, maar het gebots oor wie die geleentheid sou lei.