SA Burgerlugvaart ondersoek oorsaak van helikopterongeluk

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid ondersoek ‘n helikopterongeluk wat Vrydag twee lewens by die Vaaldam geëis het. Twee insittendes is dood toe die Robinson-R44-helikopter naby Sunset Cove neergestort het. Woordvoerder van SABLO, Kabelo Ledwaba, het gesê dat die lugvaartowerheid se afdeling vir ongelukke en voorvalondersoeke besig is om meer inligting in te samel wat sal help om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.